Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Weg! Ry & Sleep

Weg! Ry & Sleep

Dec 2026/Jan 2027
Magazine

Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers

Weg! Ry & Sleep

Die beste deel van weggaan

POSBUS • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by 🖰 rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.

NUUS

Wabouers pronk in Hartenbos • Kampeerders kon by kykNET se onlangse Buite-ekspo by ATKV-Hartenbos die nuutste woonwaens op die mark van nader bekyk.

Vierkantswortel • Die tweede geslag van Haval se H7 is hoekiger as sy voorganger. Cyril Klopper kyk na die syfers.

Wenslys op wiele • Die CR-V het in Oktober 2026 sy 31ste verjaardag gevier, en Cyril Klopper wonder of hy steeds Honda se topverkoper gaan wees.

Patrol in die kleine • Suid-Afrika is die eerste land waar die Nissan Tekton op die vertoonvloer gaan staan. Cyril Klopper kyk na wat ons kan verwag.

Uitklophou • Tata noem sy nuwe Punch ’n subkompakte sportnuts, maar dis eintlik net ’n gewone kruisnuts. Cyril Klopper dink jy kan hom nietemin oorweeg gegewe sy bakgat prys.

’n Unieke soort mooi • Namibië is nie net ’n eindelose horison van sand en klip nie. Begin in die hoofstad en toer saam op die agterpaaie... teen die platorand af, op die soom van die Namib langs tot in die Erongoberge. Ons vat dit stadig en hou gereeld stil om dinge te bewonder. Want dié wêreld se mooi kry jy nêrens elders nie.

Kamp rond en bont op Swellendam • Die Bontebok- nasionale park is nie naastenby so gewild soos die Krugerwildtuin of Kgalagadi nie, maar hier is ’n lekker kampplek skaars drie uur se ry uit Kaapstad.

Hou naweek op ’n wynplaas • Olyfboomlanings, suurlemoenboorde, wingerd, bergspitse en ’n ou wolwehok... kom kamp by Wolwehok en kyk hoe alles bymekaar pas.

KATTEBAK-PLAN • HOE OM JOU SPORTNUTS SE PAKPLEK TE MAKSIMALISEER

Zimbabwe se lekker agterpad • Suider-Afrika se bekender bestemmings raak al hoe bedrywiger, met die gevolg dat reisigers die minder bekende roetes begin verken... soos dié een op die Zambesiplatorand tussen die Victoriawaterval en Karoi suid van die Karibameer.

Storms saam met die bulle • Die vyftiende Ry & Sleep Bull Run, in samewerking met Leatherman en WeBuyCars, het in baie opsigte verander wat ’n mens van dié gewilde byeenkoms verwag. Dit was ’n Bull Run van heelwat eerstes – met meer karre, dae wat omgeruil is, en reën... báie reën.

Die bakkie wat die reëls herskryf • China is voor in die koor wat elektriese rygoed betref, en sy jongste batteryaangedrewe bakkie is dalk nommerpas vir Suid-Afrika.

Mooi in geelrooi • Ons span die nuwe Ford Ranger Wildtrak voor ’n bielie van ’n wa in om te sien wat steek in sy 2,3 ℓ-petrolenjin.

Trap luukse spore • In ELXV se Diep Spoor hoef jy jou nie te bekommer oor gure weer of ’n kampplek met bedenklike geriewe nie.

Voor in die kampkoor • Hy het net st. 6 – of dan gr. 8 –agter sy naam, het as kind nie gekamp nie, en was eens op ’n tyd ’n DJ... Vandag is Donovan Marais een van die grootste innoverende dryfvere in die plaaslike kampbedryf.

Veg teen die brandstof-pomp • Veldryvoertuie word gebou vir 4x4- vermoë eerder as brandstofekonomie, maar daar is wel dinge wat jy kan doen om jou beursie teen die vulstasie te verdedig.

Verlos ons van die selfoon • Hier is 18 speelgoed vir die kampplek, in die kar op pad na jou vakansieplek, op die strand of sommer net in jou agterplaas.

Feestyd om die kampvuur • Raak feestelik om die vuur met ons maklike somerspyskaart!

PRETBLAD

Wat bly oor nadat die stof gaan lê het? • Ná ’n jaar van nuwe bakkies, elektriese...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans